Ons blad kry baie navrae oor hamergooi afrigting van reg oor die land. Hamergooispesifieke afrigters is egter in die minderheid.

Ons plaas die name van afrigters wat op skolevlak beskikbaar is en in watter omgewing hulle is. Die kontaknommers is nie oral beskikbaar nie maar ‘n vinnige soektog op Facebook behoort jou in kontak te bring met hulle. Alternatiewelik kan jy vir ons ‘n boodskap stuur dan help ons met die inligting.

Ander afrigters wat nie hier genoem word nie is baie welkom om ons te kontak sodat hulle name ingesluit kan word.